Johannesburg. – Prima ontwik-kelingsgrond aan die Atlantiese seekus, wat deel was van ‘n grondeis van die Tramway Road-gemeenskapstrust, gaan een van die eksklusiefste residensiele ontwikkelings in Kaapstad huisves.
Die grond van sowat 7 546 m2 tussen Ilford-straat en Tramway-weg op die Bantrybaai/ Fresnaye-grens is in 2014 per private tender deur Spear Properties vir R58 miljoen, in-sluitende BTW, gekoop.
Mike Flax, uitvoerende hoof van Spear Properties, se dit is een van die laaste groot stukke ontwikkelingsgrond aan die Atlantiese seekus en ideaal gelee vir ‘n ikoniese ontwikkeling.
“Bantry Hills met totale ruimte van 14 000 m2 en ‘n waarde van R750 miljoen gaan oor 60 luukse een- tot vierslaapkainereenhede beskik met ‘n gemiddelde prys van R12 miljoen,” se hy. Meer as die helfte van die eenhede is reeds opgeraap en gegrond op waarde was 20% van die kopers buitelanders uit onder meer New York, Mumbai, Londen en Kopenhagen.
“Wat buitelandse kopers betref, loop hulle of ‘n wye draai om Suid-Afrika, of sien hulle goeie waarde in die swak rand en klim in.”
Die duurste eiendom in die ontwikkeling is ‘n eksklusiewe dupleks-dakeenheid van sowat 700 m2 wat in die mark is vir R32,5 miljoen. Die eenheid soek nog ‘n baas.
Flax sê twee ander dakeenhede is deur ‘n koper uit New York vir R27 miljoen gekoop en een uit Suid-Afrika vir R20 miljoen. Hy noem dat albei die ko-pers jonger as 40 jaar is, wat interessant is omdat die meeste van die ander kopers ouer mense is wat afskaal.
Verskeie kopers konsolideer ook deur twee eenhede langs mekaar te koop om een reuse-wooneenheid te skep, sê hy.
Wat die ontwikkeling van ander superluukse projekte aan die Atlantiese Kus onder-skei, is dat daar vierslaapkamer-villas op die grondverdieping is met hul eie tuine en ‘n swembad vir R20 miljoen.
‘n Groot voordeel vir kopers is dat hulle nie hereregte hoef te betaal nie – dit is reeds by die prys ingesluit.
Die maandelikse heffings kom neer op sowat R35/m2, wat ooreenstem met die in residensiele ontwikkelings in die V&A Waterfront, sê hy.
Die heffings word geregverdig deur ‘n wye verskeidenheid dienste, onder meer ‘n concierge, ‘n spa, ‘n sake-sitkamer, ‘n joga-tuin, omvattende stoorgeriewe, uitstekende veiligheid en drie vlakke se parkeerplekke. Die ontwikkeling word ook met veseloptiese-kabels toege-rus. Dit sal na verwagting in November 2017 voltooi word.